Gimmies se Voortrekkers dateer terug sedert 1945, toe mnr. Schutte (oom Ben) met Die Orde Van die Fakkel vereer is, waarna hy as kommandant deur mnr. Pieta du Plessis opgevolg is.

Die Voortrekkers is 'n kultuurbeweging wat die moderne Afrikaner, in besonder sy jeug, bemagtig om as positiewe burgers en konsekwente Christene suksesvol te wees. Die Voortrekkers is saamgestel uit plaaslike kommando's wat dan uit spanne bestaan wat volgens graadgroepe ingedeel word. Die graadgroepe bestaan of uit gemengde of aparte seun- en dogterspanne.

Elke span het ʼn volwassene wat leiding neem. Voortrekkeraktiwiteite sluit in weeklikse spanbyeenkomste, vakansiekampe en naweekaktiwiteite waar kinders blootgestel word aan ʼn wye verskeidenheid van aktiwiteite soos roei, staptoere, jag, noodhulp, veldkennis, oorlewing, vlotbou, boogskiet, voŽlkennis, kosmaak, handwerk, konflikhantering, kaartwerk, geskiedenis, sterrekunde, en nog vele meer. Dit verskaf ʼn veilige ruimte waar kinders kan sosialiseer, hulself en hul land beter kan leer ken en op ʼn positiewe en opbouende manier kan ontwikkel, leer en kuier.

Die hoŽrskoollede van Die Voortrekkers staan bekend as Verkenners. Deur die loop van hulle hoŽrskooljare, word die kinders d.m.v. die loopbaanplan aangemoedig om persoonlike leierskap te bemeester en suksesvol as 'n leier op te tree. Die Voortrekkers bied ook die geleentheid vir kinders wat formeel erkenning wil kry vir dit wat hulle tydens hul Voortrekkerloopbaan geleer het om in te skryf vir die Hoofleierswag/Presidentsverkenner-toekenning in hul graad 12 jaar. ʼn Skolier kan as hy/sy aan sekere vereistes voldoen ook erekleure vir Voortrekkers by die skool ontvang.

Diť wat die PV-toekenning behaal, kry ook daarvoor erekleure.

Die plaaslike kommando in Potchefstroom is die Totius-kommando en ʼn klompie Gimmie-leerders is alreeds lede van die kommando. Die hele gesin is welkom by die Voortrekkers en kan op verskeie maniere formeel en informeel betrokke raak. Enige navrae kan gerig word aan Jakkie Casaleggio, 082 821 9091carstensjakkie@gmail.com.  Inligting kan ook gekry word op die Voortrekkers se amptelike webwerf www.houkoers.co.za.

 

   

   
 

 

 
 

Die webtuiste is ontwerp en word met trots onderhou deur GSD Potch - The WEB mense...  - www.gsdpotch.com