Gimmies is een van die geaffilieerde skole wat aan skyfskiet in SA deelneem.

SANSSU (Suid-Afrikaanse Nasionale Skoleskutters Unie) is die moederliggaam en skole en skuts skiet onder dié vaandel en reëls.

Gimmies beskik oor ʼn baie goed toegeruste skietlokaal en genoeg toerusting en apparaat om aan leerders die beste geleentheid te bied om te presteer.

2016
• 32 skuts neem vanjaar aan skyfskiet deel.
• 6 liga-byeenkomste vind jaarliks plaas.
• 3 eerste, 1 vierde, 1vyfde, 1 agtste-en 1 twaalfde plek word tydens die NW-proewe behaal.
• Ontvang 11 toekennings tydens die NW-prysuitdeling.
• 6 skuts verteenwoordig NW by die SA-kampioenskappe.
• Skietafrigter/voog dien as onder-voorsitter op die NW-bestuur (SANSSU).


Gimmies se skiet het besonder presteer in 2015.
 
 
     
     

• Ané Aucamp – o/21 word gekies om gedurende Augustus aan die British Junior International Championships in Londen as lid van die SA-skolespan te gaan deelneem.

• Ané word ook as die kapteine van die span aangewys.

• Ané verower ook 3 goue-, 1 silwer en 1 bronsmedalje gedurende die kampioenskappe.

• Gimmies verower die trofee as die Skietskool in Noordwes vir 2015.

Elf skuts word uitgenooi na die Noordwes-proewe waarvan die volgende skuts in die NW-span opgeneem is wat gedurende die Oktober-vakansie aan die Suid-Afrikaanse kampioenskappe in Pretoria gaan deelneem.

• Ané Aucamp
• Martin du Plessis
• Vinise van Loon
• Cobus Botha
• Eckhardt Effenberger

Mnr. Johan Benson is die afrigter en skietorganiseerder.

 

 

 

 
 

Die webtuiste is ontwerp en word met trots onderhou deur GSD Potch - The WEB mense...  - www.gsdpotch.com