SKAAK 2017

Gimmies is vanjaar die algehele wenskool van die jaarlikse Puk Prestige-reeks.
Tydens hierdie reeks neem daar 5 juniors en 5 seniors deel. Gimmies het vanjaar voorwaar die regte skuif gemaak.

Ons neem ook jaarliks aan die Potchefstroom-liga deel waar 20 leerders betrokke is (10 juniors en 10 seniors). Ons wen ook vanjaar hierdie liga in beide ouderdomsgroepe.

Die o/19-span wen die Noordwes-uitspele vir hoërskole, elkeen verwerf Noordwes-kleure, ‘n goue medalje en die span ontvang ‘n wisseltrofee.

Ons spog verder met 5 provinsiale spelers en een speler met CHESSA-kleure.
 

Die leuse van Gimmie-skaak is: maak die regte skuif. Dit is vir ons baie belangrik dat almal die geleentheid kry om skaak te kan speel. Die junior- en senior- spanne neem aan die PUK-Prestige-reeks, sowel as die NW-liga deel.
 

 

 

 
 

Die webtuiste is ontwerp en word met trots onderhou deur GSD Potch - The WEB mense...  - www.gsdpotch.com