TAALBONDEKSAMEN

Die taalbondeksamen is ‘n tweetaligheidseksamen waarvoor leerders van graad 8-12 kan inskryf. Dit word deur die SA Taalbond georganiseer en die leerders ontvang ‘n sertifikaat wat sy/haar standaard van tweetaligheid in twee van ons landstale bevestig. In 2016 het vyftien Gimmies met goeie gevolg aan dié eksamen deelgeneem.
 

WISKUNDE-OLIMPIADE

56
seniors (gr. 10-12) en 32 juniors (gr. 8 & 9) het vir die eerste rondte van die Suid-Afrikaanse Wiskunde-olimpiade ingeskryf. Uit hierdie groep het 40 leerders gekwalifiseer vir en deelgeneem aan die tweede rondte.

Die volgende leerders het baie goed presteer in die tweede rondte:
Graad 8: Reuben Smit
Graad 9 : Henco Brink, Johan Stadler en Daniel Walker



REKENINGKUNDE-OLIMPIADE


Die professionele liggame SAIGR en SAIPR bied jaarliks die Rekeningkunde-olimpiade aan.

SAIGR (Suid-Afrikaanse Instituut van Geoktrooieerde Rekenmeesters) bied ʼn olimpiade aan waaraan leerders, wat hul verder wil bekwaam in die beroep, kan deelneem. Esmerelda Oberholzer is die Noordwes-wenner en Rudie de Wet behaal ʼn derde plek.  Gimmies word as die topskool in Noordwes aangewys. Die twee leerders, die skool en me. Pienaar ontvang 'n kontantprys vir die uitsonderlike prestasie.

AFRIKAANS-OLIMPIADE


Vanjaar het 90 Gimmies met goeie gevolg vir die Afrikaans-olimpiade ingeskryf. In die seniorafdeling word Esmerelda Oberholzer as die Noordwes-wenner aangewys.

ABSA WȆRELDKENNIS-OLIMPIADE:


Alberto Cassaleggio behaal die uitsonderlike prestasie om as die Noordwes-wenner aangewys te word.  Hierdie olimpiade toets die algemene kennis van leerders en word in Mei geskryf.  


VERBRUIKERSTUDIE-OLIMPIADE (2014):


3669 leerders het vir die olimpiade ingeskryf. Die volgende leerders eindig nasionaal onder die Top 20:

Daniela Cronjé (graad 11) - (16de)
Elri du Plessis (graad 12) - (14 de)
Christa du Toit (graad 12) - (9 de)

Sue-Anne Jacobs deel die eerste plek met ʼn leerder van die Vrystaat.

Beide die leerders wat eerste plekke behaal, ontvang die Ina Paarman-wisseltrofee asook die AMC Classic-prys vir die hoogste prestasie oor twee jaar. Verder ontvang elkeen ook ʼn studiebeurs asook ander studiemateriaal van verskeie uitgewers. Vir hierdie prestasie ontvang Gimmies toerusting en produkte van DEFY en Pick a Pay.

Die volgende leerders vaar puik in die kledingkategorie:


Lucia Kotzé (graad 12)
Elbie Steyn (graad 11)
Nimé Judd (graad 11)
Anika Grond (graad 11)

Vir beide hierdie prestasies word Gimmies hierdie jaar vir die eerste keer in die geskiedenis as die nommer een pryswennerskool in die land gekroon.

 

 

 
 

Die webtuiste is ontwerp en word met trots onderhou deur GSD Potch - The WEB mense...  - www.gsdpotch.com