Die eerste toernooi op die 2016 muurbal-kalender was die Noordwes-geslote. Elf Gimmies beklee die nr.1-10 posisies op die Noordwes-ranglys. Seuns o/19 Reinhardt van Rhyn (1ste), Juan Smith (2de), Cor Loggenberg (4de), Wian van Niekerk (8ste), Marco van den Heever (9de) en Waldo de Beer (10de). Seuns o/16Gerhard Koornhof (2de). Dogters o/19 Liza Maree (3de), Estie van der Walt (4de). Dogters o/16 Charlotta Loggenberg (1ste) en Chandré Grobler (2de).

Estie, Chandré, Charlotta en Gerhard is gekies om Noordwes by die SA-Plattelandse Distrikte-fees te verteenwoordig. Chandré en Charlotta is vir die SACF-span gekies wat aan die SA’s (IPT) deelgeneem het. Charlotta beklee tans die sewende plek op die SA-skole-ranglys en sy is ook gekies vir die senior SACF-span wat aan die Jarvis Kaplan-toernooi deelgeneem het.

Noordwes-muurbal het vanjaar vir die sewende jaar die Potchefstroom hoërskole-muurbal liga aangebied. Gimmies het agt spanne vir hierdie liga ingeskryf, vier gemengde spanne en vier meisie spanne. Die gemengde A-span (Juan, Reinhardt, Charlotta en Waldo) is die gemengde A-liga-wenners. Die meisies A-span (Charlotta, Chandré en Estie) is die wenners in die meisies A-liga.

   
 
 

Charlotta Loggenberg het as lid van die Suid-Afrikaanse muurbalspan aan 'n internasionale toernooi in Penang, Maleisië, deelgeneem. Hulle het eers in Hong Kong wêreldklasafrigting ontvang en daarna Penang toe gevlieg. Charlotta het vir o/17 deelgeneem. Sy was 46ste op die internasionale ranglys en het met 'n besondere prestasie 24ste geëindig. Die spelers het in baie warm toestande gespeel. 18 lande met altesaam 800 spelers het deelgeneem.

Na afloop van die toernooi het hulle afrigting van die wêreld se nommer 1 speler ontvang, wat glo gepaard gegaan het met baie sweet en harde oefening. Sy was twee weke weg, het baie ondervinding opgedoen en wêreldklas-muurbal beleef. Tydens die verwelkomingsdinee het elke land 'n beurt gekry om hul land voor te stel. Charlotta het voorgestel dat hulle op Afrikaanse musiek sokkie. Tydens die voorstelling het hulle groot applous ontvang vanaf die ander lande. Almal wou leer sokkie en wou hoor wie hul geleer het. Charlotta se antwoord was: die beste skool in SA, Potchefstroom Gimnasium!

 
 
 
 

 

 
 

Die webtuiste is ontwerp en word met trots onderhou deur GSD Potch - The WEB mense...  - www.gsdpotch.com