Waar die naam vandaan kom, is onseker, maar voorheen was dit Tranedal, Spelonk en Dagbreek genoem voor die nuwe gebou in 1953 betrek is. Die eerste gebou dateer uit 1913.

AANHALING UIT GEANKER IN GELOOF 1907-2007:


1946: Ek onthou hoe ons op Saterdagoggend na studie (twee uur lank) dorp toe kon gaan waar jy ʼn melkskommel by die Kit Cat-kafee saam met jou kys gedrink het.

1962: Mnr. Henning, koshuisvader, het die voordeur en fietsloodssleutel aan my toevertrou om saans na studie weg te bęre in sy lessenaarlaai. Sodoende het ek presies geweet waar om dit uit te haal half vyf in die môre om saam met Theuns van der Walt en Paul Schutte te gaan blomme steel vir ʼn blommerangskikking in die skoolsaal.


Brandwag Seunskoshuis van Gimmies se koshuisraad vir 2017 is
(vlnr): Altus Mostert, Stefan Delport, Lourens Bronkhorst (o/hoofseun), Carel Jordaan (hoofseun), Dirk Laufs, Henkie Uys en Dirkie Louw. Alnr: Willem Steyn, Divan Mienie, Mitchelle v/d Merwe, Waldouw Smit, Jan-Hendrik v/d Merwe en Andr
é Pretorius. Afwesig met die neem van die foto was Harold Smook.


 

 
   
   
   
   
   
   
   
 
 

 

 
 

Die webtuiste is ontwerp en word met trots onderhou deur GSD Potch - The WEB mense...  - www.gsdpotch.com