Gimmies bied:

• 9 spanne.
• Oefensessies (Maandae tot Donderdae).
• Top afrigters.
• PUK-Prestige-reeks deelname.
• NW-liga deelname.
• Noordvaal-deelname.
• Weeklikse astro-sessies (by NWU-PUK).
• Individuele afrigting.
• Blootstelling by klinieke.
• 1ste span neem tweejaarliks aan die internasionale hokkiefees in Kaapstad deel.

Dogtershokkie 2016

Al die dogter spanne het aan die PUK-Prestige-reeks deel geneem en het goue-, silwer- sowel as brons medaljes verower. In die Noordwes-liga neem ons aan die Platinum-reeks vir groot skole deel. Hier vaar die dogters ook baie goed. Die eerste span en die o/15A-span het tot in die semi-finaal van die Noordvaal-kompetisie van groot skole gevorder. Op provinsiale vlak het dit baie goed gegaan. Daar is tien senior-, nege o/16- en vyf o/14-dogters wat gedurende 2016 Noordwes-kleure verwerf het. Ons is baie trots op hierdie dogters en afrigters, want hierdie is voorwaar ’n baie groot prestasie.

Om by Gimmies hokkie te speel, is ‘n groot lekkerte. Dit beteken geleenthede, oefening, gespesialiseerde afrigting, sosiale ontwikkeling en vele meer vaardighede om die lewe voluit te kan leef.
 

   
   
   
   
   
   
   
 
 

Die webtuiste is ontwerp en word met trots onderhou deur GSD Potch - The WEB mense...  - www.gsdpotch.com