ATKV-KOMPETISIE

Gimmies het ses spanne ingeskryf vir hierdie jaar se kompetisie. Ongelukkig het net een span deurgedring na die semi-finale rondte wat op Saterdag 9 Mei in Witbank gehou is. Hierdie gr. 9-span was die toppresteerders van die dag en het daarmee ’n plek verseker by die finale rondte van die nasionale kompetisie wat op Saterdag 22 Augustus by Goudini-spa naby Worcester in die Kaap plaasvind het.
     
ATKV-debatskompetisie

Gimmies skryf jaarliks junior- en senior spanne vir die ATKV-debatskompetisie in. Hierdie kompetisie verg toegewydheid van die leerders wat baie ure aan hul voorbereiding spandeer. Twee junior-en drie senior spanne het hierdie jaar aan die eerste rondte van die kompetisie deelgeneem.

Reuben Smit, Lize Jonker en Mia Schutte (graad 9) het na die semifinale rondte deurgedring en ook daar só goed gedebatteer dat hulle as een van slegs 14 spanne gekies is wat na die nasionale finaal deurgedring het.
 
Tydens die finaal het hierdie span hulle debat gewen, maar ongelukkig nie onder die top agt spanne geëindig nie.
 


Reuben Smit, Lize Jonker en Mia Schutte – die graad 9-leerders wat deur gedring het na die finaal van die nasionale ATKV-debatskompetisie.

     

Anchen Bisschoff en Katelynn Snyman
Twee graad 10-debatteerders wat aan die ATKV-debatskompetisie deelgeneem het.
Bernice Klopper, Esca Neethling en Ano Fouché
Een van die junior debatgroepe wat aan die ATKV-debatskompetisie deelgeneem het.
     
     

Moenie met dié meisies stry nie!

Anchen Bisschoff, Lené Prinsloo en Katelynn Snyman het op Saterdag 22 Augustus by Goudini-spa aan die finale rondte van die ATKV se nasionale debatkompetisie deelgeneem.

Hierdie span graad 9-meisies het algeheel agtste in die juniorafdeling geëindig.

Dit is ’n besondere prestasie, aangesien hulle teen groot skole soos Afrikaans Hoër seun- en -meisieskool, Hoërskool Rustenburg en Helpmekaar Kollege deelgeneem het.

Die meisies het baie hard gewerk en lang ure geoefen om voor te berei vir die strawwe kompetisie. Hulle moes die beoordelaars daarvan oortuig dat spoorvervoer prioriteit moet geniet in die opknapping van ons land se vervoerstelsels en het hul debat teen Hoërskool Bloemhof gewen.

Gimmies is baie trots op hulle en sien uit na die prestasies wat hulle in die seniorfase gaan behaal.

 


 

 

 

 

 
 

Die webtuiste is ontwerp en word met trots onderhou deur GSD Potch - The WEB mense...  - www.gsdpotch.com